Dardanelle

Dardanelle

’n Satellietfoto van die seestraat, wat Europa en Asië skei

Ligging van die Dardanelle
Koördinate:40°13′N 26°27′O / 40.217°N 26.450°O / 40.217; 26.450Koördinate: 40°13′N 26°27′O / 40.217°N 26.450°O / 40.217; 26.450
Ligging:Turkye
Soort:Seestraat van die Atlantiese Oseaan
Maksimum diepte:82 m
Lengte:65 km
Breedte:1,3 km
Invloei:See van Marmara
Uitvloei:Middellandse See
Eiland/e:Egeïese See
Nedersettings:Çanakkale, Gelibolu, Lapseki

Die Dardanelle (Turks: Çanakkale Boğazı; Grieks: Δαρδανέλλια, Dardanellia), voorheen bekend as die Hellespont (Grieks: Ελλήσποντος, Hellespontos), is ’n smal seestraat in Noordwes-Turkye wat die Egeïese See met die See van Marmara verbind.

Ligging van die Turkse Strate: ██ Bosporus ██ Dardanelle

Die Dardanelle is 61 km lank, maar net 1,2 tot 6 km breed. Die gemiddelde diepte is 55 m (maksimum 82 m). Water vloei in albei rigtings, van die See van Marmara na die Egeïese See met ’n oppervlakstroom, en in die teenoorgestelde rigting met ’n onderstroom.

Nes Turkye se ander belangrike seestraat, die Bosporus, skei die Dardanelle Europa (die Gallipoli-skiereiland) van Asië. Dit is ’n internasionale waterweg en saam met die Bosporus verbind dit die Swartsee met die Middellandse See.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search